Valia spog met drie spanne in eindstryd

Die uitklopfase van die Noordvaal-kompetisie is nou hier en daar is geen wegkruipplek nie

VANDERBIJLPARK. – Die magtige ligbloumasjien van die HS Transvalia se opmars tot die eindstryd van SDC plaatafdeling was iets om te beleef.

Die tyd het nou aangebreek om die laaste hoofstuk in dié rugbysprokie te skryf.

Valia se eerste rugbyspan kom Saterdagmiddag om 12:15 op sy tuisveld in die eindstryd teen HTS Middelburg te staan.

Om die kersie op die koek te sit het die skool se o.14’s en o.15’s ook tot die eindstryd deurgedring. Valia se “melkbaarde” sal verrigtinge om 08:00 teen HS Oos-Moor afskop, gevolg deur die o.15’s wat HS Middelburg om 09:20 sal aandurf.

Transvalia se rugbytrots.
Transvalia se rugbytrots.
Valia se rugbytrots
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version