Sport

Emmies wys Rippies wie’s baas

Die Laerskool Emfulenipark se krieketseisoen het op 'n wennoot afgeskop

VANDERBIJLPARK. – Die o.13-krieketspan van die Laerskool Emfulenipark het Dinsdag 23 Julie sy krieketseisoen met ‘n skittersege afgeskop.

Die Emmies se o.13’s het op sy tuisveld die Laerskool Republiek van Rothdene met 105 lopies geklop. Die tuisspan het eerste gekolf en danksy stewige bydraes deur Armand Locke (37), Ryan McPherson (28) en Khaleb (21) daarin geslaag om 182/7 in 25 beurte aan te teken. Vir die besoekers het Wian van Jaarsveld (2/26) en Jianco Oosthuizen (2/28) laat kantel.

Die Emmies het daarna danksy goeie boulwerk deur Ryan Wessels (3/16) en Dewyk Louw (2/14) die besoekers vir 77/10 uitgeboul.

Back to top button