Noordskool klop begeesterde Leeuwspruit

Die Sedibeng-eindstryde het rugby uit die boonste rakke opgelewer

SASOLBURG. – Wanneer Noordskool se rugbymanne oor die Vaalrivier reis moet jy weet hulle bedoel besigheid.

Dit is presies wat op 30 Mei in Meyerton by die HS Dr. Malan gebeur het, toe Noordskool en Leeuwspruit se o.13A-spanne mekaar in die eindstryd van die Valke Sedibeng-liga die stryd aangesê het.

Die eindstryd in die Akademie-afdeling het aan alle verwagtinge voldoen. Hoewel Leeuwspruit moedig tot aan die einde teruggeveg het, het sy Sasolburgse buurman die wedstryd met 25-10 beklink.

Oratile Rantsolase van Noordskool breek deur die eerste linie van verdediging. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

Oratile Rantsolase van Noordskool die verdediging oop. Foto: Ettienne van Rensburg

Oratile Rantsolase breek om die skrum.
‘n Speler van Noordskool ontwyk ‘n verdediger.
Pasop voor!
‘n Speler van Leeuwspriuit se o.13A-rugbyspan probeer om verby ‘n verdediger van Noordskool te hardloop.
Groot vreugde langs die veld.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version