SportSportSportSport

Maak litte los vir Emmie-pretloop

Enigeen is welkom om aan die pretwedloop deel te neem

VANDERBIJLPARK. – Langasems kan solank hulle hardloopskoene afstof en litte begin losmaak vir die Laerskool Emfulenipark se 80’s Pretloop wat op 28 Mei by die skool plaasvind.

Registrasie vir die 2.5km en 5km-wedlope vind om 16:30 plaas waarna die wedlope om 17:30 afskop. Koste vir die onderskeie wedlope beloop R20 en R30. Elke deelnemer gaan ‘n gloei-stokkie ontvang, So dra iets helder en bring ‘n koplig saam. Vir meer inligting kontak vir Ané Hartman.

Back to top button