SportSportSportSport

Saterdag gaan die vonke in Sasol spat

Wie gaan vanjaar as oorwinnaar van die veld stap?

SASOLBURG. – DIe oudste derby in die Vaaldriehoek gaan eerskomende Saterdag op die DP de Villiers-stadion voort wanneer die HTS Sasolburg en Hoërskool Sasolburg mekaar die stryd aansê.

Hoewel elke wedstryd tel is die hoofwedstryd tussen die eerste spanne die groot trekpleister. Altwee spanne is goed op dreef. SHS het Leeuwenhof oortuigend met 32-8 gewen terwyl die Spanners hard moes werk om Stoffberg met 31-29 te klop.

Die hoofwedstryd van Saterdag se FNB Classic Clash vind om 15:30 plaas. Die Big Brag  skop 14:45 af en beloof om ‘n skouspel soos min te wees.

Back to top button