SportSportSportSport

Marione se Olimpiese droom bewaarheid

VANDERBIJLPARK. – Almal het geweet wat kom, maar nou is dit ‘n realiteit. Die oud-Valie Marione Fourie, die Suid-Afrikaanse vrouehekkies-kampioen, is ‘n tree nader om haar droom te bewaarheid om aan die Olimpiese Spele deel te neem.   Dit volg nadat Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) die voorlopige groep van 39 atlete se name …

VANDERBIJLPARK. – Almal het geweet wat kom, maar nou is dit ‘n realiteit.

Die oud-Valie Marione Fourie, die Suid-Afrikaanse vrouehekkies-kampioen, is ‘n tree nader om haar droom te bewaarheid om aan die Olimpiese Spele deel te neem.

 

Dit volg nadat Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) die voorlopige groep van 39 atlete se name bekend gemaak het wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem.

Saskok het ook finansiële aansporing vir die atlete en afrigters bevestig. Atlete sal onderskeidelik R400 000 (goue medalje), R200 000 (silwermedalje) en R75 000 (bronsmedalje) vir hulle podiumplekke ontvang.

Die afrigters sal R100 000 vir gold, R50 000 vir silwer en R25 000 vir brons ontvang. Die skouspel vind van 27 Julie tot 11 Augustus in Frankryk plaas.

 

 

Back to top button