![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/04/802B7605-Large-780x470.jpg)
VEREENIGING. – Daar word vannaand op Boelapark groot makietie gehou nadat die Vereeniging Rugbyklub (VRK) se eerste span as die Valke se Presidentsbeker-kampioen gekroon is.
Die Kiewiete het ‘n hewige aanslag van Brakpan afgeweer om met 32-19 in die eindstryd te seëvier. Maklik was dit beslis nie.
Teen rustyd (12-12) was daar min tussen die twee spanne te kies, maar die meesterlike aanwending van die tuisspan se plaasvervangerbank was uiteindelik die groot verskil.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/04/802B7650-Large.jpg)
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/119/2024/04/802B7582-Large.jpg)