VRK se eerste rugbyspan vier fees nadat hy Brakpan in die eindstryd van die Presidentliga geklop het. Foto's: Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Daar word vannaand op Boelapark groot makietie gehou nadat die Vereeniging Rugbyklub (VRK) se eerste span as die Valke se Presidentsbeker-kampioen gekroon is.
Die Kiewiete het ‘n hewige aanslag van Brakpan afgeweer om met 32-19 in die eindstryd te seëvier. Maklik was dit beslis nie.
Teen rustyd (12-12) was daar min tussen die twee spanne te kies, maar die meesterlike aanwending van die tuisspan se plaasvervangerbank was uiteindelik die groot verskil.
Die Bosmans en die Vereeniging Rugbyklub loop hand aan hand. Hier vier Koos Bosman snr en sy twee seuns Koos en Pieter VRK se sege in die eindstryd van die Valke se nuwe Presidentliga. Foto’s: Ettienne van RensburgJan Wiegand, president van die Valke Rugbyunie, oorhandig die Presidentbeker aan die VRK se kaptein.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za