SportSportSportSport

Oud-Valie Brendali skitter in Dubai

Opgee bestaan nie in die oud-Vaaldriehoeker se woordeskat nie.

VANDERBIJLPARK. – Wanneer sy nie ‘n vliegtuig trek om fondse vir ‘n goeie doel in te samel nie, neem sy aan Sterkvroukompetisies deel. Die 33-jarige Brendali Theron, ‘n oud-Vaaldriehoeker wat tans in Dubai woon, is voorwaar ‘n Supervrou.

Dit het sy op 28 Maart in Dubai weer bewys toe sy die o/75kg -afdeling tydens die Wêreld Sterkman Kampioenskap gewen het.

Sy is boonop ook die eerste Sterkvrou in Afrika om haar beroepskaart te verdien “Drome sonder doelwitte is net drome en uiteindelik voed dit teleurstelling. “Op pad om jou drome te verwesenlik moet jy dissipline toepas, maar nog belangriker, is konsekwentheid. Sonder toewyding sal jy nooit begin nie, maar sonder konsekwentheid sal jy nooit klaarmaak nie.

Alles het in 2012 begin toe ‘n ernstige enkelbesering haar netbal- en sportloopbaan kortgeknip het. Dit is toe wat sy vir haar afrigter, Robin du Toit ontmoet het wat haar aan kragoptel bekendgestel het.

Brendali in aksie

“Ek het vir hom (Robin) gesê ek kan nie, ek is op krukke. Hy het toe geantwoord: ‘Vir nou het jy net jou arms nodig.’ Na die oefensessie die volgende dag het hy my gevra: ‘Hoe sou jy daarvan hou om ‘n wêreldkampioen te word?’

Ek het aanvanklik gedink hy is mal. Die res is geskiedenis,” gee sy te kenne. Sy het sedertdien vier kontinentale rekords opgestel. Haar reis in die Sterkvroue-wêreld het in 2016 begin toe sy die Afrika Arnold Festival bygewoon het en ‘n diep liefde vir die sport ontdek het. In 2017 by die Arnold Africa Classic het sy ‘n groot droom verwesenlik.

“Ek kompeteer al amper 12 jaar en ek wou nog nooit iets anders hê nie. Ek het nooit vir ‘n makliker lewe gebid nie, net om sterker te wees. “Ek het nog nooit regtig omgegee oor wat ander mense doen nie. Ek het nog altyd my hart gevolg, want met toewyding en volharding verander drome in ‘n werklikheid,” sê sy.

“Om die eerste vrou in Afrika te wees wat ‘n professionele kaart ontvang het, was ‘n eerbetoon wat my ook die geleentheid gegee het om Arnold Schwarzenegger persoonlik te ontmoet. Hy het ook my ‘log press’ Africa-rekord van 80kg op sy Snapchat gedeel,” vertel sy.

Goue medalje tyd vir Brendali.

“Nadat ek my eerste groot vertoning bygewoon het, het die prentjie vir my Bo en regs: Die oud-Valie Brendali Theron in aksie in Dubai tydens die Wêreld Sterkvrou Kampioenskap. en my afrigter skielik duidelik geword. Daar was elemente wat gekort het in die sport.

Daar was baie krag, maar daar was ruimte vir verbetering op die gebied van beweeglikheid. “Dit is wat ons anders in die sport ingebring het.

Die behoud van my vroulikheid is belangrik, asook my lewe na die sport. “Sedert my eerste internasionale deelname in 2017 is my pad in die Strongwomenwêreld een van groei, passie en insluiting. Ek sien uit na die toekoms en die geleenthede wat nog voorlê.”

Check Also
Close
Back to top button