SportSportSportSport

Dubbele SA-titel vir Xanté

Die Vaaldriehoek se eie Zola Budd is besig om opslae te maak

VEREENIGING. – Die Vaaldriehoek se eie Zola Budd dis hoe daar na Xante Harris verwys word.

Soos die legendariese Budd is die jong Vaaldriehoeker besig om kaalvoet die atletiekwêreld te stormloop. Dit het sy weer bewys toe sy by die afgelope Suid-Afrikaanse Laerskole Atletiek Kampioenskap as die o.13 800m -en 1 500m-kampioen gekroon is.

Xante Harries en haar afrigter Carien Scott.

Sy het dit boonop met nuwe rekordtye (1500: 4:37.84 en 800m: 2:14.91) vermag. Die Vaaldriehoek is trots op haar en gaan haar vordering met ‘n Valkoog dophou.

Check Also
Close
Back to top button