SportSportSportSport

Tornados as Driehoek se Premierliga-kampioen gekroon

Die DPL het krieket uit die boonste rakke opgelewer

VANDERBIJLPARK. – Daar is baie Premier-krieketligas in die wêreld, maar die Driehoek Premierlliga (DPL) is waarskynlik die uniekste een van die hele klomp. Dit is Woensdag, 20 Maart weer beklemtoon toe die Tornados die eerste DPL gewen het.

Wat die DPL uniek maak is dat seuns en dogters in gemengde spanne teen mekaar kragte meet. Van o.14- tot eerstespan-spelers kon aan die toernooi deelneem en glo my, die Evasgeslag het nie ‘n aks vir die manne teruggestaan nie. Die vier spanne wat teen mekaar kragte gemeet het, was die A-Sec Stingers, FFMS Stars, NCW Thunders en Koozina Tornados.

Elke kolwer kon net 10 aflewerings getrotseer het en elke speler moes een boulbeurt afstuur. Die Tornados het met drie seges die DPL-titel ingeplam deur die Thunders (sewe paaltjies), Stingers (ses paaltjies) en Stars (4 paaltjies) te klop.

Dihan Coetzee se warrelwind kolfwerk het vir hom die titel as die algehele Speler van die Toernooi besorg, terwyl Cailin Townsend as die Dogters Speler van die Toernooi aangewys is. “Ek is baie tevrede, Ons het bereik wat ons wou. Waar kry jy dat ‘n o.14-speler saam met ‘n dogters- en seuns eerstespanspeler die val van ‘n paaltjie vier?,” het Andre van Rensburg, organiseerder van die toernooi, gesê.

Back to top button