SportSportSportSport

Hoekie-vreugde by D8-kampioenskap

Die HS Driehoek se hamergooihok is besig om vrugte af te werp

VANDERBIJLPARK. – Die HS Driehoek se atletiekspan het tydens die D8-Kampioenskap hul man gestaan. Veral die hamergooiers het hulle stem dik gemaak.

Rodger Vorster het die afdeling vir seuns o.19 met ‘n rekordpoging van 59.06m gewen.

In die o.15-afdeling het JP Theron met ‘n nuwe rekord afstand van 54.84m die seuns afdeling gewen.

Clvin Karp was tweede en in die afdeling vir dogters he Timoné Scheuer tweede geëindig.

Mia Fourie het in die hamergooi vir d.o/17 tweede geëindig.

Nickus Maritz het egter die kollig gesteel deur as die Victor Ludorum gekroon te word.

Hy het derde in die gewigstoot en hamergooi vir seuns o.17 geëindig en tweede in die diskus.

 

 

Back to top button