VRK en Pirates raaks slaags

VRK kom Saterdag teen Pirates teen sy grootste uitdaging van die seisoen te staan

VEREENIGING. – Eerskomende Saterdag gaan alle oë op die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbgyklub (VRK) gevestig wees wanneer hulle gasheer vir Pirates en Sasolburg Rugbyklub speel.

Op die A-veld van Phoenix High School gaan Vereeniging se o.21’s, tweedes en eerste span vir Pirates die stryd aansê en op die B-veld gaan Sasolburg se tweede span en o.21-span onderskeidelik met Pirates se derde span en o.19-span kragte meet.

Die eerste kragmetings skop om 13:15 af waarna die eerstespan-kragmeting en hoofwedstryd van die dag om 16:00 afskop.

 

Exit mobile version