Driehoek bied Super Inter met onderskeiding aan

Skole-atletiek in die Vaaldriehoek is blakend gesond

SASOLBURG. – Nickus Maritz, bobaas veldatleet van die HS Driehoek in Vanderbijlpark het sy skool se naam tydens die NWU Groep 4 Super Interhoër hoog gehou.

Die byeenkoms is 26 februarie op die DP de Villiers-stadion deur die Hoekies met onderskeiding aangebied.

Maritz het weer sy klas gewys toe hy die diskus en gewigstoot vir seuns o.16 met rekordpogings van 47.80 m en 17.37 m gewen het. Die ander Hoekie-atlete wat uitgeblink het, was Zenique Strydom wat die 300 m-hekkies vir d.o/15 in 50.91s gewen het en 757 tabelpunte verdien het.

JP Theron het ook sy bydrae gelewer toe hy die gewigstoot vir seuns o.15 met ‘m stoot van 12.25 m gewen het om 766 punte te verdien. Kian du Toit het voorts die 5 kg gewigstootbal met 13.94 m verder laat neerplons om die gewigstoot vir seuns o.17 te wen en 766 punte in die proses in te versame

Marcus Hartman van Driehoek seil oor die dwarslat. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Kiara Raubenheimer een van die HS Driehoek se dirigente sing uit volle bors.

Exit mobile version