SportSportSportSport

Dokkies wen NWU Super 16 Interhoër

Die Dokkies gaan aanstaande jaar in Groep 2 van die NWU Super 16 atletiekbyeenkoms deelneem.

SASOLBURG. – Al wat jy sien is die Bloumasjien!

Dié kreet was so gepas nadat die Hoërskool Dr. Malan van Meyerton op Maandag 26 Februarie op die DP de Villiers-stadion as die wenner van die NWU Super 16 Interhoër Groep 3 gekroon is.

Die Dokkies sal aanstaande jaar opskuif na afdeling 2 wat ʼn reuse-sprong boontoe is. Die Dokkies het 766 punte opgestapel om die HS Dr. EG Jansen van Boksburg uit te stof. EG Jansen was tweede met 664.5 punte gevolg deur Pietersburg met 650.5 punte.

*Koop vandeesweek Vaalweekblad vir die volledige berig waarin ons verder oor die Dokkies gaan spog. 

‘n Atleet van die HS Eldoraigne se poniestert wip soos sy oor die hekkies seil tydens die NWY Super 16 Interhoër op die DP de Villiers-stadion. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Hou bene hou ‘n atleet van HS Driehoek byt vas in die 800m.
‘n Hekkiesloper van Potch Volkies op pad na ‘n oorwinning.
‘n Middelafstand-atleet van Dokkies breek weg van die groep in die 800m.
‘n Hoogspringer van Jeugland seil oor die dwarslat. Foto: Ettienne van Rensburg
P. Hartman van Driehoek in aksie in die hoogspring.
Die HS Driehoek se helpers op die baan was flink en getrou. Sonder hulle sou die byeenkoms nie so vlot verloop het nie.
‘n Hekkies-atleet van die HS Eldoriagne in Pretoria seil oor die hekkies.
Aksie tydens die middelafstande.
Blitsige naelloop-aksie.
‘n Atleet van Potch Volkskool laat spaander in die 100m-naellope.

Check Also
Close
Back to top button