SHS-vloedgolf tref Fezile Dabi

Die Sasolburg HS se atletiekseisoen is goed op dreef.

SASOLBURG. – Die beste atletiekspan in Fezile Dabi.

Dit is die titel waarmee die Hoërskool Sasolburg vir die volgende 12 maande kan spog nadat hy die Fezile Dabi Kampioenskap op die DP de Villiers-stadion soos ʼn vloedgolf getref het.

SHS het in totaal 99 medaljes ingeoes waarvan 50 goud, 27 silwer -en 22 bronsmedaljes was.

Hoewel die top enkel prestasie van die byeenkoms aan Zak Naude van die HS Parys (diskus s.o/19: 55.00m – 975 punte) behoort het,  het SHS 10 prestasie onder die top 50 gehad.

SHS se top presteerders was: Baginyo Banutelo (100m d.o/16:12.36 – 861 punte), Megan Holtzhausen (gewigstoot d.o/19: 11.69m – 859 punte), Baginyo Banutelo (200m girls u/16: 25.89 – 858 punte), Monique van Zyl (gewigstoot d.o/16: 12.14m, 848 punte), Megan Vance (400m-hekkies d.o/19: 66.80s – 835 punte), Baginyo Banutelo (d.o/16: 100m-hekkies: 14.99s 824 punte), Erica Meyer (gewigstoot d.o/16: 11.44s – 819 punte), Erica Meyer (d.o/16 diskus: 31.47m – 814 punte), Megan Vance 400m d.o/19: 61.69s – 801 punte en Megan Holtzhausen (d.o/19 diskus: 32.89m – 801 punte).

Exit mobile version