SportSportSportSport

Fotogalery: laerskole atletiek op sy beste

Die laerskole byeenkomste wat vandeesweek regoor die Vaaldriehoek plaasgevind het, het goeie atletiek opgelewer

SASOLBURG. – Die Vaaldriehoek was die afgelope paar weke ‘n miernes van aktiwiteit met die verskillende atletiek byeenkomste wat oral plaasgevind het.

Die Kring 1 Interlaer het Maandag 12 Februarie by die HTS Carel de Wet in Vanderbijlpark plaasgevind waarna die Kring 2 tot 4 Interlaers onderskeidelik op die DP de Villiers-stadion, Carel de Wet en Laerskool Totius beslis.

Anderkant die Vaalrivier het Noordskool, Laerskool Fonteine, Vaalpark Primêr en Heilbron om net ? paar skole te noem sake tydens die Vaalrivier Byeenkoms sake uitgespook.

Mieke van Zyl van die Laerskool DF Malherbe in aksie tydens die Kring 2 Interlaer wat op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaasgevind het. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Sebastiaan Bennett in aksie.
‘n Emmies-atleet peil op die eindstreep af.
Willem Pieterse van die Laerskool DF Malherbe seil oor ‘n hekkie.
Lindie Blignaut van die Laerskool Eligwa bult haar spiere.
‘n Atleet van die Laerskool Emfulenipark in aksie.

 

‘n Atleet van Fonteine lê rieme neer tydens die Vaalrivier Laerskole Byeenkoms.
‘n Atleet van die Laerskool Heilbron in die pylvak,
Alihoop so spring mens verspring!
‘n Atleet maak gereed om die spies te slinger.
Naelloop aksie.

Back to top button