Dokkie laat rekords spat

MEYERTON. – Die 13-jarige Darius Botha mag miskien nie die grootste veldatleet wees nie, maar wanneer dit by tegniek kom, is hy op ‘n ander vlak. Hy het tydens die HS Dr. Malan se uitnodigingsbyeenkoms twee rekords laat spat.  Hy word deur sy pa, Ambro Botha afgerig, wat ook die worpe afrigter van Dokkies is. …

MEYERTON. – Die 13-jarige Darius Botha mag miskien nie die grootste veldatleet wees nie, maar wanneer dit by tegniek kom, is hy op ‘n ander vlak.

Darius Botha

Hy het tydens die HS Dr. Malan se uitnodigingsbyeenkoms twee rekords laat spat.  Hy word deur sy pa, Ambro Botha afgerig, wat ook die worpe afrigter van Dokkies is.

Hy het die diskusrekord vir seuns o.14 wat in 1985 opgestel is, met ‘n reuse-gooi van 52.16 m verbeter en 877 tabelpunte verdien. Die vorige rekord was 39.38m. Hy het ook die gewigstoot in sy ouderdomsgroep met ‘n rekordpoging van 15.80 m gewen om 880 punte in te palm.

Exit mobile version