Vaal se skolekrieket kook

Skolekrieket in die Vaaldriehoek is uiters gesond.

VANDERBIJLPARK. – Die eerste krieketspanne van die HS Dr. Malan in Meyerton en Sasolburg HS het onlangs goeie oorwinnings behaal.

SHS het op sy tuisveld vir St. Domics ‘n loesing met 9 paaltjies gegee. Vir SHS het Jandre Grobler (34*), Wiandre Singleton (26) en Meyer Pretorius (12).

SHS se beste boulers was Liam Singleton (4/13), Natahn Swanepoel (2/9) en Natahan Bower (2/18). Die Dokkies het op hul beurt op Saterdag, 27 Januarie vir Dr. EG Jansen in die Finsbury Liga geklop.

Die Dokkies het 268/8 in 50 beurte aangeteken danksy ‘n skitter beurt deur Dewald Erasmus wat 132 lopies van 114 balle gemoker het.

EG Jansen het daarna 74/6 in 26 beurte aangeteken voordat reën die spel gestop het. Die Dokkies het volgens die Duckworth-Lewis metode gewen.

Exit mobile version