Oom Peet weet iets wat ons nie weet

Om 250 Park Runs te voltooi is 'n reuse-prestasie

VANDERBIJLPARK. – Die hokvegter Dricus du Plessis is nie die enigste een wat iets weet wat hulle nie weet nie. Die 84-jarige, Peet Fourie, weet beslis iets wat hulle nie weet nie. Miskien weet hy waar die Fontein van Ewige Lewe is… wie weet?

Peet Fourie met ‘n koek om sy 250ste Park Run te vier.

Mens kan net spekuleer veral nadat hy op Saterdag 3 Februarie by Phoenix Park sy 250ste Park Run kafgedraf het.

Wat die prestasie soveel meer merkwaardig maak is die feit dat die deurwinterde Vaaldriehoeker eers op die rype ouderdom van 79 begin hardloop het en die res soos hulle sê is geskiedenis.

Exit mobile version