Voormalige SA-kampioen sit sy geld op Usyk

Usyk het waarskynlik nie die slaankrag om Fury uit te slaan nie, maar volgens die oud-Vaaldriehoeker Ruann Visser is hy tegnies 'n beter bokser as die uitgesproke Brit

VANDERBIJLPARK. – Ruann Visser, voormalige Suid-Afrikaanse Swaargewigbokskampioen, meen dat Oleksandr Usyk vir Tyson Fury in hul opkomende wêreldtitelgeveg met punte gaan klop.

Die oud-Vaaldriehoeker Ruann Visser en Oleksandr Usyk tydens Usyk se oefenkamp in Sapnje ter voorbereiding vir sy wêreldtitel geveg op 17 Februarie teen Tyson Fury.

Die oud-Meyertonner maak nie hierdie waarneming terwyl hy op sy gemakstoel voor die televisie sit nie. O nee! Hy is tans in Valencia, Spanje waar hy as skermmaat vir Usyk help om vir sy opkomende geveg teen 35-jarige Brit Tyson Fury voor te berei.

Die geveg vind op Saterdag 17 Februarie in die Kingdom Arena in Riyadh, Saudië Arabië plaas. Die Usyk oefenkamp eindig op Woensdag 7 Februarie.

“Hy (Usyk) is ʼn baie nice mens. Vol grappies, maar super gefokus. Hy doen hierdie fight vir sy land. Ek dink hy gaan Fury met punte klop. Hy is tegnies beter as Fury. Dit is net die punching power wat kortkom. Maar dit gaan ʼn great fight wees,” gee Visser te kenne.

Dit blyk ook al meer waarskynlik dat Ruann in Saudië Arabië in ʼn voorgeveg vir Usyk/Fury-skouspel betrokke gaan wees.

Exit mobile version