VANDERBIJLPARK. – Die skooljaar het in alle erns begin en die atletiek-seisoen het verlede week in die Vaaldriehoek met ‘n reuse-knal weggespring.
Die HS Driehoek het Maandag 22 Januarie tydens hul Interhuis Atletiek-byeenkoms met mening op die baan en veld toegesak.
Die dag se atletiek het verskeie hoogtepunte opgelewer. Hoewel Stefan Blunden, direkteur van sport by die HS Driehoek, tevrede was met dag se atletiek is hy steeds van mening dat daar harde werk vir die res van die seisoen voorlê.