Emmie-huissport propvol gees

Atletiekkoors het die Vaaldrihoek beetgepak

VANDERBIJLPARK. – Soos menigte skole is die eerste Vrydag van die skooljaar gereserveer vir hul jaarlikse huissport.

Dit was vandag ook die geval vir die Laerskool Emfulenipark wat sy huissport-spanne teen mekaar op die atletieik baan en veld laat meeding het.

Oud en jonk het op die pawiljoen saamgedrom met die naellope wat die meeste belangstelling gewek het. Die haasbekkies wat in die pylvak afgenael het, het die ouers, grootouers en toeskouers tot opgewondenheid sonder perke aangespoor.  Daar was gees en nogmaals gees!

Nathan Mouton lê rieme neer.
Om voor te hardloop is darem lekker.
Vang my as julle kan!

 

 

Exit mobile version