VEREENIGING. – Die Pretorianer Louis Moolman (275: 70-67-71-67) is Sondag 14 Januarie op die Maccauvlei Gholfbaan na 72 putjies en 13 houe minder as baansyfer as die kampioen van die Vrystaat Alec Ope gekroon.
Hy het 21 voëltjies tydens die toernooi behaal.
Altin van der Merwe van Bellville Golf Club (275: 68-68-71-68) het tweede geëindig gevolg deur Jaden Deltel (276: 68-70-70-68) en Vian Jansen van Vuren (277: 69-71-71-66).
Jordan Wessels van Mooinooi Golf Club was vuurwarm tydens die laaste rondte en het slegs 65 hou benodig om die 18 putjies te voltooi.