Eagles gereed om hul vlerke sprei

NWU Vaal is altyd opsoek na nuwe rugbytalent

VANDERBIJLPARK. -Die NWU Eagles Vanderbijlpark Rugbyklub (NWU Vaal) se proewe vind 1 Februarie plaas. NWU Vaal is ‘n oop klub en spelers hoef nie geregistreerde studente te wees om vir die klub te speel nie.

Die enigste vereiste is dat die speler ouer as 18 moet wees.

Oefeninge vind Maandae, Dinsdae en Donderdae van 18:00 tot 20:00 plaas by die kampus in Hendrik van Eck Boulvard. Vir meer inligting kontak Dewald by 076 235 3196.

Exit mobile version