SportSportSportSport

Krieketweek skep nuwe geleenthede

SA Platteland Uitnodigings Krieketweek het nuwe deure vir spelers oopgemaak

VANDERBIJLPARK. – Om ‘n IPL-wedstryd in lewende lywe te kyk is op baie krieketliefhebbers se dinge-om-te-doen-voor-ek-die-emmer-skoplysie. Sowat 26 gelukkige spelers wat onlangs aan die SA Platteland Uitnodigings Krieketweek in die Vaaldriehoek deelgeneem het, sal die geleentheid kry om ‘n regmerkie agter dié inskrywing te maak wanneer hulle vanjaar jaar in Indië gaan toer.

Sowat 50 spelers (o.15 en o.17) in totaal is tydens die week wat einde 2023 plaasgevind het, geïdentifiseer vir die Sentraal Platteland Streekspan wat op die sub-kontinent gaan toer. “Ons hoop om op die ou einde 26 spelers saam te neem,” sê Dirk Coetzee, organiseerder van die SA Platteland Uitnodigings Krieketweek. Die Vaaldriehoeker Rico Fourie wat vir die Protea Uitnodiging o.18-span gespeel het, is as die Kolwer van Toernooi aangewys.

Hy het 252 lopies in vier wedstryde teen ‘n gemiddeld van 63 lopies per beurt aangeteken. Sy hoogste telling was 106. Wat die boulers betref is Kamogelo Matlala van die SA LSEN-span met ‘n boulontleding van 10/56 in vier wedstryde as die Bouler van die Toernooi gekroon. Hy het slegs 3.14 lopies per beurt afgestaan.

‘n Spe;ler benut ‘n vangskoot tydens die SA Platteland Uitnodigings Krieketweek. Foto: Ettienne van Rensburg

Back to top button