Oupa gaan lewe in langasems inblaas

Daar is geen plaasvervanger vir ervaring nie en sover dit evraring aangaan is daar niemand meer bekwaam as Oupa nie

VEREENIGING. – Die Laerskool Risiville se strewe na uitnemendheid op die atletiekbaan het tot gevolg dat geen steen onaangeroer gelaat word.

Johan Britz

Met die doel voor oë het die Rissies vir die deurwinterde langafstand-afrigter Johan Oupa Britz nadergehark.

Oupa soos hy in die Vaaldriehoek bekendstaan se CV is te lank om op te noem. In ʼn neutedop het hy al stringe Suid-Afrikaanse kampioene en internasionale atlete gebrei.

Alle Rissie-atlete kry voortaan gratis afrigting by hom. Oefentye is Maandae tot Donderdae (16:30) en tydtoetse vind Sondae om 16:00 by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg plaas.

Exit mobile version