SportSportSportSport

Plaaslike tenniskampioene word gekroon

Die rakette word vandeesweek met mening geswaai tydens die eindrondte van die plaaslike laerskole tennisliga

 

VANDERBIJLPARK. – Die plaaslike laerskole tennisliga vir 2023 bereik vandeesweek ‘n hoogtepunt met die onderskeie eindrondtes en uitspeelwedstryde wat plaasvind.

Die Laerskool Emfulenipark het vanmiddag gasheer gespeel vir die o.11 uitspeelwedstryde teen die Laerskool Kollegepark wat die Emmies gewen het om derde te eindig.

Die eindstryde vir o.13A’s en o.13B’s word more-middag by Emfulenipark beslis. Ter selfde tyd gaan Noordskool tuis teen die Laerskool Republiek van Rothdene te staan kom om te bepaal wie derde in die liga eindig.

Woensdag speel Risiville en Volkskool se o.11A’s in die eindrondte by die Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging teen mekaar terwyl die Rissies en Milton se o.13b-spanne om die derde plek sal kragte meet.

Juavan Oosthuizen van die Laerskool Kollegepark in aksie. Foto: Ettienne van Rensburg

Back to top button