Dit gaan weer klappe reën

Die tweede seisoen van die Power Slap kompetsie beloof om vir groot opwinding te sorg

VANDERBIJLPARK. – Bring jou sambreel saam want dit gaan weer klappe reën.

Op 15 November gaan die oud-Vaaldriehoeker Danie van Heerden, wat deesdae in die Jakarandastad woon geskiedenis maak wanneer hy die eerste Suid-Afrikaanse man word om aan die gesogte Power Slap kompetisie in Las Vegas deel te neem.

Hy gaan deel wees van die tweede seisoen. Klap-atlete van regoor die wêreld gaan in vyf gewigsklasse teen mekaar meeding.

Weens kontraktuele verpligtinge mag Danie nie uitbrei oor wie sy teenstander gaan wees nie. Danie het wel ‘n foto gedeel van hoe groot sy teenstanders se hande in sy gewigsklas is. En dis nie ‘n vooruitsig wat mens ligtelik moet opneem nie.  Hoewel hy die skaal op 155kg vastrap weeg die huidige Super Swaargewigkampioen sowat 30kg meer as hy.

Die tweede Power Slap seisoen (Road to the Title) word om 21:00 op 15 November 2023 op Rumble uitgesaai.

Kan jy jouself indink as so stel hamhande jou ‘n taai klap moet gee. Die Vaaldriehoeker Danie van Heerden wat eersdaags aan die tweede seisoen van Power Slap gaan deelneem, wys hier hoe sy hand teen die ouens in sy gewigsklas opweeg.
Exit mobile version