SPL begin met ‘n knal

Alle paaie gaan die volgende paar weke na die HS Overvaal lei waar die SPL-reeks plaasvind

VEREENIGING. – Die gesogte Sedibeng Premier Liga (SPL) vir o.11 en o.13-krieketspanne het die naweek op die HS Overvaal se velde met ‘n knal afgeskop.

Die Strikers, Valies Snipers en Jaguars het hulle veldtogte in die reeks met goeie oorwinnings afgeskop.

Eerskomende Saterdag vind die tweede rondte van die reeks plaas. Vir die volledige wedstryd verslag kry die volgende uitgawe van Vaalweekblad wat Vrydag 27 Oktober op die rak verskyn.

 

 

 

Exit mobile version