SportSportSportSport

Emmies is katjie van die baan

Die Laerskool Emfulenipark het sy teenwoordigheid tydens die dubbelstoernooi laat geld

VANDERBIJLPARK. – Die raketswaaiers van die Laerskool Emfulenipark het die kishoue laat reën tydens die Laerskool Vryheidsmonument se dubbelstoernooi.

Die toernooi het 10 tot 13 Oktober by die Laerskool Vryheidsmonument se tennisbane in Duncanville plaasgevind. Die skole wat aan die toernooi deelgeneem het, is: Laerskool Vryheidsmonument, Laerskool Risiville, Laerskool Midvaal, Laerskool Emfulenipark en Vaalpark Primêre Skool.

Gideon Louw van Laerskool Emfulenipark moker die bal in tydens ‘n gemengde dubbelspelwedstryd teen spelers van Vaalpark Primêre Skool. Foto: Christiaan Cloete

Die Emimies se o.11A-span het eerste geëindig terwyl sy o.13A-span met ‘n enkele punt verloor het om tweede te eindig.

Vaalpark Primêre Skool se o.13-dubbelspelspan bestaande uit Paul Mitrovic en LJ van der Walt het in die o.13 A dubbelspel-afdeling koning gekraai.

 

 

Back to top button