Skoot klap vir atletiekseisoen

Die DP de Viliers gaan elke Saterdag tot November 'n niernes van aktiwiteit wees met die AVT-atletiekreeks wat daar gaan plaasvind

SASOLBURG. – As dit is hoe die atletiekseisoen afskop, kan daar groot dinge van die Vaaldriehoek se atlete verwag word.
Atletiek Vaaldriehoek se eerste klubligabyeenkoms het Saterdag, 7 Oktober in versengende hitte op die DP de Villiers-stadion plaasgevind. Die Vaaldriehoek se blonde blits, Astrid Fourie, het in die kleure van Nedbank Atletiekklub die wêreld aan die brand gehardloop.

Nekita Lesch het die hoogspring vir d.o/18 gewen.

Sy het eerste plekke in die 400 m (59.73s, 830 punte), 100 m (12.58s, 848 punte) en in albei items meer 800-tabelpunte verdien. Wat tabelpunte betref, het Sienna Roos van Nedbank vir die top enkelprestasie van die dag gesorg toe sy die 70-hekkies vir d.o/11 in ‘n tyd van 12.57s afgeblits het, om 897 tabelpunte te verdien.
Die volgende AVT-byeenkoms vind Saterdag, 14 Oktober plaas. Die atlete wat meer as 800 tabelpunte verdien het, is (in volgorde naam, klub, item, ouderdomsgroep, tyd/afstand):
Melyn le Roux (hoogspring d.o/13) se gesig spreek boekdele. Sienna Roos (Nedbank) van LS Risiville draai die krane oop in die 100m hekkies vir d.o/11. punte): Astrid Fourie (Ned):, 400m d.o/16, 59.73sek, 830 punte; Mieka Taljaard (32 GI):, 400 m d.o/16, 1:00.78, 806 punte; Darius Botha (BR): diskus s.o/13, 46.33 m, 806 punte; Sienna Roos (Ned) 70m-hekkies d.o/11, 12.57s, 897 punte, Inke Nortman (PMS) 12.68s, 886 punte; Ruzaan van der Westhuizen (Hoek): 12.96s, 860 punte; Denieke Hattingh (TAC): 12.97s, 860 punte; Lea Badenhorst (TAC): 13.12s, 846 punte; Mienke Bothma (MEY): 13.63s, 804 punte; Iwan Vermeulen (NED) 70m-hekkies, s.o/11, 11.72s, 851 punte; Inay Conradie (VAS) 75m-hekkies, d.o/13, 12.61s, 820 punte. Zuan van Riet (PPS) 80 m-hekkes s.o/13, 12.20s 825 punte; Dene Prinsloo (BR) 80 m, d.o/11, 10.83s, 820 punte; Chane Fourie (UTS): 100 m, d.o/13, 12.90S, 881 punte; Elouise Jansen van Rensburg (Hoek): d.o/13, 100 m, 12.91s, 880 punte; Ruben Kruger (TAC): s.o/13, 100 m, 11.65s, 828 punte; Astrid Fourie (NED): d.o/16, 100 m, 12.58s, 848 punte, Megan Hamilton (JAC): d.o/16, 100 m, 12.92s, 802 punte en Vinaldo Spamers (NED): diskus s.o/16, 49.57 m, 863 punte.

 

Exit mobile version