SportSportSportSport

Sedibeng Super League om die draai

Die kolwe gaan klap en die paaltjies gaan spat tydens die SPL T20-reeks

VEREENIGING. – Die eerste aflewering in die gesogte Sedibeng Premierliga (SPL) word amptelik op 21 Oktober op die HS Overvaal se velde geboul.

Die reeks vir o.11 en o.13 krieketspanne wat op die bekende Indiese Premierliga se grondslag geskoei is, vier vanjaar sy negende bestaansjaar.

Die toernooi is die breinkind van Stephan de Villiers wat ‘n leemte in die plaaslike laerskole krieket geidentifiseer het. Die T20-toernooi is ʼn wonderlike geleentheid vir jong krieketspelers om saam met spelers van ander skole hulle in spanverband en individueel hulle talente uit te stal. Die wedstryd word op 21 Oktober, 28 Oktober, 4 November en 11 November gespeel.

Die bepalings vir die eerste rondte op 21 Oktober is: 08:00: o/11: Strikers vs Turbo Charegers; 11:00: o.11: Jaguars vs CASA Ravens en 14:00: o.13: Valies Snipers vs AAA Vincere Vipers.

Back to top button