Valia se Vinnige Vyf beste in Gauteng

Die HS Transvalia se o.18-netbaldogters mag maar netbal speel. Dit is weer tydens die Gauteng Kampioenskap bewys.

VANDERBIJLPARK. – Die HS Transvalia se Rooi Tornados o.18 Fast Five netbalspan is die Gauteng Kampioen en gaan van 2 tot 3 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deelneem.

Die span het al ses sy wedstryd by Gauteg gewen en onder meer vir (Bastion 21-20; Edenvale 21-12; Montana Queenbees 31-9; Marais Viljoen 23-18; Montana Bumblebees 26-9 (halfeindronde) en Menlo 27-23 (eindstryd) geklop.

 

 

Exit mobile version