Drie uit drie vir Dokkies

Die Dokkies is tans die pasaangeër in die plaaslike kriektliga

MEYERTON. – Die eerste krieketspan van die Hoërskool Dr. Malan is op ‘n segetog in die plaaslike hoërskoleliga om te bepaal wie uiteindelik tot die Noordvaal-kompetisie gaan deurdring. Die Dokkies het Saterdag teen die heidelberg Volkskool sy derde oorwinning in ‘n ry behaal.

Die Meyertonners het Vokies vir 197/10 uitgeboul waarna slegs 35 beurte benodig het om 198/5 aan te teken om met 5 paaltjies te seëvier. Die Dokkies se top kolwers was: Luhan Roux  (65) en Juan Jardin (57). Die swenspan se voorste paaltjievrate was Dewald Erasmus en Tristan Ashwin wat albei drie paaltjies laat kantel het.

Exit mobile version