Vaal se gholfers skitter

VANDERBIJLPARK. – Twee van die Hoërskool Transvalia se gholfspelers Wihandre Kruger en Janko Vrey het op 20 Augustus op die Waterkloof gholflandgoed die Noordwes Junior Gholfunie met onderskeiding tydens die Noord-Gauteng se Interprovinsiale Junior Vierhoekige toernooi verteenwoordig en is vir die volgende vierhoekige toernooi in Middelburg gekies. Wihandre het na die toernooi met sy vierde …

VANDERBIJLPARK. – Twee van die Hoërskool Transvalia se gholfspelers Wihandre Kruger en Janko Vrey het op 20 Augustus op die Waterkloof gholflandgoed die Noordwes Junior Gholfunie met onderskeiding tydens die Noord-Gauteng se Interprovinsiale Junior Vierhoekige toernooi verteenwoordig en is vir die volgende vierhoekige toernooi in Middelburg gekies.

Wihandre het na die toernooi met sy vierde plek gekwalifiseer om aan die African Junior Ope Kampioenskap op San Lameer aan die Natalse suidkus deel te neem.

Wihandre Kruger
Janko Vrey
Exit mobile version