Valia sluk bitter pil

Die eerste rugbyspan van die HS Transvalia verdien 'n klop op die skouer vir 'n terugvegpoging soos min

VANDERBIJLPARK. – Om gelykop te speel is soos om jou sussie te soen. Dit is hoe die Westelike Provinsie se kaptein dit opgesom het nadat die WP in 1979 op Nuweland die Curriebeker met Noord-Transvaal gedeel.

Die HS Transvalia se eerste rugbyspan het op 19 Augustus ‘n lot amper erger as die dood beleef toe hy met 29-29 elk gelykop teen die HS Kempton Park in halfeindronde van die  Noorvaalbeker se plaat-afdeling gespeel het.

Die skop tussen die mikke wat die seerste maak is dat die Kempies op ʼn tegniese punt tot die eindstryd deurdring.

Valia het ʼn agterstand van 19-3 uitgewis om sake gelykop te maak maar op die ou einde was dit net-net nie genoeg.

‘n Speler van Transvalia probeer sy bes om ‘n Kempie-drie te stuit. Foto: Ettienne van Rensburg
‘n Speler van die HS Kempton Park val die voordeellyn met mening aan.
Exit mobile version