Rugbyglorie wink vir NWU Vaal

D-dag breek more vir NWU Vaal se o.21's aan

VANDERBIJL­PARK. – Na ‘n uiters suksesvolle veldtog tydens die USSA-­toernooi het die NWU Vaal se fokus na die Valke se Pere-grine-liga verskuif.
Die manne in pers spog met twee spanne (o.21 en eerstes) wat vir die uitspeelrondte van die liga gekwalifiseer het.
Die o.21’s het sy plek in die eindstryd bespreek nadat hy Vereeniging Rugbyklub in die halfeindronde oortuigend met 85-0 geklop het.
Die span kom more (Saterdag 29 Julie) in Kempton Park teen Brakpan om 12:00 in die eindstryd te staan.
Die studente se vlagskip kan homself vir ‘n groot stryd gereed maak wanneer hy sy aartsvyand die Vereeniging Rugbyklub (VRK) more op sy tuisveld om 16:00 op die oewer van die Vaalrivier in die halfeindronde aandurf.
NWU Vaal se sterte sal in die lug wees nadat hy VRK in hul laaste ontmoeting vroeër die seisoen geklop het. Dit sal egetr dwaas wees om oorgerus te wees.

Aksie tydens die halfeindstryd tussen NWU Vaal se o.21’s en Vereeniging Rugbyklub. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Exit mobile version