SportSportSportSport

Rhino-week trek aandag van oorsee

Die spelpeil en vaardighede by vanjaar se Rhinoweek is iets om oor opgewonde te raak.

VANDERBIJLPARK. – Die eerste dag van die Provinsiale Dries van Heerden Rhino rugby en hokkieweek het alle verwagtinge oortref.

Martin van Wyngaardt, organiseerder van die week, het sy ongeloof uit gespreek oor die gehalte van spel wat vanjaar opgelewer is

Die Valkes se o.17-Rhinoweekspan het in die hoofwedstryd van die dag ʼn puik vertoning gelewer om die Luiperds met 33-24 geklop.

Dis was veral die Valke se korrelwerk pale toe wat die Luiperds keer op keer bloedneus gegee het.

Die week begin al meer belangstelling van verskillende oorde te lok. Verteenwroodigers en talentsoekers van Ierland en Rusland het vanjaar by die week kom inloer.

Die uitslae van die eerste dag se spel is:

o/15: Sharks 27, Valke 10; Limpopo 22, Puma XV 0; Pumas 7, Griquas 5; Blue Bulls e 33, Griffons 14.

o/17: Golden Lions 31, Griffons 20; Cheetahs 42, Limpopo 3; Pumas 34, Griquas 30; Valke 33, Leopards 24.

Martin van Wyngaardt tydens die opening van die Rhino Provinsiale week. Foto’s: Ettienne van Rensburg
‘n Speler van die Griekwas voer ‘n deperate duikslag uit. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Back to top button