SportSportSportSport

Marione verpletter SA-rekord

Oud-Driehoeker op pad Olimpiese Spele toe

VANDERBIJLPARK. – Sowat twee jaar gelede het Vaalweekblad berig dat die Olimpiese Spele vir die Valie Marione Fourie wink. Min wetende dat die profetiese woorde tot verhaal gaan kom.

Maar jy hoef nie siener van Rensburg te wees om hierdie een te sien kom nie. Sy is nie verniet die SA vroue-hekkieskampioen nie.

Slegs ‘n dag na die kwalifisering vir Olimpiese Spele geopen het, het sy gou-gou ʼn paar items van haar te-doen-lysie afgemerk. Sy het Sondag 2 Julie op die La Chaux-de-Fonds track in Switzerland die Suid-Afrikaanse 100m-hekkiesrekord in tyd 12.55sek verpletter en sodoende vir die Wêreldkampioenskap in Budapest in Augustus en die 2024 Olimpiese Spele in Frankryk gekwalifiseer het.

“Ek het dit glad nie verwag nie. Die die gevoel was amazing. Ek was so verbaas en so happy dat ek sommer in trane uitgebars het. Die gevoel is onbeskryflik,” sê die oud-leerling van die HS Driehoek in Vanderbijlpark.

Die vorige Suid-Afrikaanse rekord van 12.81 sek is ook in Switserland vyf jaar gelede deur Rikenette Steenkamp opgestel. Marione het met die rekordtyd die gesamentlike 10de vinnigste tyd vir 2023 aangeteken.

Vaalweekblad en die Vaaldriehoek is bitter trots op haar en haar vordering met ʼn valkoog dophou.

You can read the full story on our App. Download it here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Check Also
Close
Back to top button