Blitzkrieg kelder Valke

Met die Cravenweek om die draai het die Noordvaal Bondedag vir baie stof tot nadenke gesorg

SASOLBURG. – Die jaarlikse Noordvaal Bondedag wat vandag deur die Valke op die DP de Villiers-stadion aangebied is, het as ‘n skouspel en vertoonvenster vir skolerugby nie teleurgestel nie.

Hoewel mens al deur die jare geleer het om nie te veel afleidings na die Bondedag te maak nie, kry ens nogal ‘n goeie idee hoe die onderskeie provinsies se rugby-arsenaal lyk.

Die hoofwedstryd van die dag tussen die Valke en die Leeus se o.18-Cravenweekspanne het aan alle verwagtinge voldoen. Die Skarlakenrooies het met uitstekende verdediging die Leeus hok geslaan en was met 10 minute voor die einde nog met 20-14 voor voordat die Leeus se kartetse op die Valke neergereën het om uiteindelik met 47-32 te seëvier. Die rustydtellings was 17-14 in die Valke se guns.

Die Valke se span hoofsaaklik uit spelers van EG Jansen en die Leeu-trop uit Monnas se Wit Bulle. Met die Cravenweek om die draai sal albei spanne ondanks verskeie brandende vraetevrede wees met die algehele spel wat opgelewer is.

Aksie tydens die Bondedag wat Saterdag 24 Junie op die DP de Villiers-sradion plaasgevind het. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Junior van Wyngaardt, fris haker van die Valke se akademiespan, hou die Sharks besig in hul kragmeting.

Exit mobile version