Halfeindronde wink vir NWU

VANDERBIJLPARK. – Eerskomende Saterdag is daar baie op die spel wanneer die NWU Vaal Rugbyklub teen Springs op sy tuisveld te staan kom. Springs se eerste span is tans bo-aan die punteleer van die Valke Peregrine-liga, gevolg deur NWU Vaal en Vereeniging Rugbyklub. NWU Vaal se eerste span is goed op dreef om vir homself ‘n …

VANDERBIJLPARK. – Eerskomende Saterdag is daar baie op die spel wanneer die NWU Vaal Rugbyklub teen Springs op sy tuisveld te staan kom.

Springs se eerste span is tans bo-aan die punteleer van die Valke Peregrine-liga, gevolg deur NWU Vaal en Vereeniging Rugbyklub.

‘n Speler van die NWU Vaal se eerste rugbyspan klop ‘n verdediger van ERU pens en pootjies. Foto: Ettienne van Rensburg

NWU Vaal se eerste span is goed op dreef om vir homself ‘n plek in die halfeindronde te bespreek.

Die halfeindstryde en eindstryd word in Augustus beslis. Die studentespan se sterte is in die lug nadat hulle Vereeniging Rugbyklub in sy vorige wedstryd geklop het.

Die NWU Vaal gaan Saterdag nie op sy tuisskare kan steun om hom tot nuwe hoogtes aan te spoor nie.  Saterdag skop die o.21-spanne die verrigtinge om 13:15 af en eerste spanne durf mekaar om 16:00 aan.

 

 

 

Exit mobile version