SportSportSportSport

Vegters gaan bos by Jungle War

Dit het skoppe en vuishou in die Vaaldriehoek gereen tydens die Jungle War toernooi y die Emerald Safari Resort & Casino

VANDERBIJLPARK. – Ring Contact Fighting Art (RCFA) het ‘n ver pad gestap sedert dit in 1984 deur Meester Joe Viljoen in Carletonville begin is.
Vandag spog RCFA met klubs regoor Suid-Afrika, Afrika en oorsee. Die RCFA word ook erken en is geaffileer met die South African Kick Boxing Association (SAKA), World Association of Kickboxing Organisations (WAKO), World Kickboxing Organisation (WKO) en Ring Contact Fighting Arts International.

RFCA het Saterdag, 27 Mei by die Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark ‘n draai gemaak. Toeskouers is met agt gevegte tydens Jungle War XI bederf, wat ‘n Wêreld Vol-kontak Titelgeveg tussen die Suid-Afrikaner, Neels Calitz en die Amerikaner, Kelly Leo ingesluit het.
Die twee Suid-Afrikaanse kampioene, Zuzaan Burger en Cloe Assad het die aand se verrigtinge met ‘n aksiebelaaide geveg afgeskop.

Assad het die geveg in ekstra tyd eenparig met punte gewen. Die hoofgeveg van die aand is in die vierde rondte deur die ervare Amerikaner met ‘n tegniese uitklophou gewen. Hoewel Calitz goeie rekenskap van homself gegee het, het die Amerikaner se ervaring die wa deur die drif getrek.

Aksie tydens die Jungle War-toernooi. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Back to top button