SportSportSportSport

Hoekies troef SHS in Sasol

Met tye was die Hoekies slegs 14 en 13 man op die veld maar dit het hulle nie weerhou om SHS in Sasolburg te klop nie.

SASOLBURG. – Die Kwaggas van die HS Driehoek het vanmiddag diep gedelf om die HS Sasolburg se eerste rugbyspan met 23-18 op sy tuisveld te klop.

Die Kwaggas het rustyd 10-3 voorgeloop, maar het garde bene in die tweede helfte gekou. Die Kapoeners het nooit gaan lê nie en het die besoekers laat bloedsweet tot die bittereinde.

Die Kwaggas op pad doellyn toe! Foto’s: Ettienne van Rensburg

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button