Drie SA-rekords vir Marietjie

VEREENIGING. – In plaaslike atletiek-kringe dwing die voormalige wêreldkampioen, Marietjie Ceronio (66), se naam steeds gesag af.  En dis met goeie rede. Soos goeie rooiwyn word sy net beter met tyd. Die immergroen Valie het vanjaar haar terugkeer tot meesters-atletiek met ‘n knal gemaak toe sy drie Suid-Afrikaanse rekords by die 46ste SA Meesters Atletiek …

VEREENIGING. – In plaaslike atletiek-kringe dwing die voormalige wêreldkampioen, Marietjie Ceronio (66), se naam steeds gesag af.  En dis met goeie rede. Soos goeie rooiwyn word sy net beter met tyd.

Die immergroen Valie het vanjaar haar terugkeer tot meesters-atletiek met ‘n knal gemaak toe sy drie Suid-Afrikaanse rekords by die 46ste SA Meesters Atletiek Kampioenskap in Kaapstad op die Groenpunt Stadion opgestel het.

Nadat sy in 2010 met perifere vaskulêre siekte gediagnoseer is het sy haar loopbaan as meesters-atleet stopgesit, maar vanjaar het sy weer moed bymekaar geskraap en haar prestasies spreek boekdele.

Sy het vanjaar nuwe SA-rekords in die afdeling vir 65-69 jariges  (800m – 3:00.56; 1500 m – 6:02.57 en 5 00m – 22:43) opgestel. Sy het ook haar nasionale kleure in 10km-padwedlope verwerf.

In meesters-atletiek neem jy in 5 jaar kategorieë deel en kwalifiseer een keer elke 5 jaar vir nasionale kleure.

Marietjie Ceronio in aksie tydens die SA Meesters Atletiek Kampioenskap in Kaapstad.

Dié oud-leerling van die Hoërskool Vereeniging is voorwaar een van die top baan-, pad- en landloopatlete wat Suid-Afrika nog ooit opgelewer het.
Sy het haar nasionale kleure in atletiek, landloop en padwedlope 22 keer verdien.

Maar dis nie al nie. Sy spog voorts met 50 SA-titels in meesters-atletiek wat sy van 1992 tot 2010 (10 000m, 5 000, 2000m-hindernis, 1500m en 800m) verwerf het. Van 2003 tot 2010 het sy agt agtereenvolgende SA-titels in landloop verower.

Die kroonjuweel in haar atletiek versameling is die wêreldrekord in die 2000m hindernis (40-44jaar) wat sy in 1997 in San Jose, California in die VSA in ‘n rekordtyd van 7:47.56 afgelê het.
Sy is ook in haar loopbaan 73 keer deur verskillende provinsiale- en klub sportliggame as Sportvrou van die Jaar aangewys.

Was dit nie vir sportisolasie weens Suid-Afrika se apartheidsbeleid nie, kon sy waarskynlik nog groter hoogtes bereik het.

Nog hoogtepunte van haar loopbaan:
– Wêreld Meesters Spele, Brisbane Australië, 1994: Goue medaljes in die 10km landloop, 21.1 km en 2 000m-hindernis.
– Wêreld Meesters Atletiek Kampioenskappe, Buffalo, NY, USA, 1995: Goue medalje in die 10km landloop en silwermedalje in die 2 000m-hindernis.
– Fukuoka, Japan – 1993 – Wêreld Meesters Atletiek Kampioenskap.
– Brisbane Australië – 1994 – Wêreld Meesters Spele.
– Buffalo, NY, VSA – 1995 – Wêreld Meesters Atletiek Kampioenskap.
– San Jose, California, VSA – VSA Nasionale Kampioenskap.
Persoonlike beste tye:
21.1km – 79:48
10 km – 36:45
5 000 m – 17:43
2 000m hindernis – 7:45

Exit mobile version