Hoekie raap bronsmedalje op

Die Afrika o.18 en o.20 Atletiek Kampioenskap sal vir altyd in die Valie se geheue ingebrand bly

VANDERBIJLPARK. – Met sy nuwe hamergooihok word die HS Driehoek nie verniet as die nuwe hamergooi Mekka in die Vaaldriehoek beskou nie.

Een van die skool hamergooi-produkte, Rodger Vorster wat deur die Afrika Hamergooikampioen, Alan Cumming, afgerig word het vroeër vandeesweek in Zambië tydens Afrika o.18 en o.20 Atletiek Kampioenskap ‘n bronsmedalje in hamergooi verwerf.

Trots is nie die woord nie. Rodger Vorster van die HS Driehoek in Vanderbijlpark lyk baie ingenome met sy bronsmedalje om sy nek.

 

Exit mobile version