VANDERBIJLPARK. – Met sy nuwe hamergooihok word die HS Driehoek nie verniet as die nuwe hamergooi Mekka in die Vaaldriehoek beskou nie.
Een van die skool hamergooi-produkte, Rodger Vorster wat deur die Afrika Hamergooikampioen, Alan Cumming, afgerig word het vroeër vandeesweek in Zambië tydens Afrika o.18 en o.20 Atletiek Kampioenskap ‘n bronsmedalje in hamergooi verwerf.