SportSportSportSport

Spogprestasies vir Valia-atlete

Die HS Transvalia spog met puik medalje-oes na die SA skole-byeenkoms

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia se atlete het tydens die pasafgelope SA-skolebyeenkoms gewys wat in hulle steek.

Die skool se 10 atlete het hulself goed van hul taak gekwyt met Taylon van Breda (goud: driesprong dogters o/15: nuwe rekord: 11.43m) en 5de plek: 100m-hekkies – 13.26s PB) en Brandon Mathews (goud: gewigstoot seuns o.15 – 18.06m en 8ste plek: diskus) wat aan die spits was.

Die ander atlete wat goed presteer het, is: Jaylin van Dyk (silwer: hamergooi dogters o.17 – 53,47m), Minki Nortje (brons: driesprong dogters o.15 – 11.03m), Selna van As (vierde plek: 1500m dogters o.15 – 04:55.10), Marli Dimond (sesde: 800m dogters o.17), Scharné de Bruyn (sewende: hoogspring: dogters o.19 – 1.60m), Alethea Visser (10de: verspring dogters o.17 –  4,96m),  Milan van der Heever (11de: driesprong dogters o.17 – 10,27m) en Mieke Grobler (vyfde: 100m-hekkies dogters o.17 – semi-finaal).

Taylon van Breda

 

Taylon van Breda en Minki Nortje
Brandon Mathews (middel)
Jaylin van Dyk
Brandon Mathews in aksie

You can read the full story on our App. Download it here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Check Also
Close
Back to top button