SportSportSportSport

AVT doen dit weer!

VANDERBIJLPARK. – Om met slegs 48 atlete vierde by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se o.16, o.18 en o.20 Baan en Veld Kampioenskap in Pietermaritzburg te eindig is ‘n onsagwekkende prestasie. Die room Atletiek  Vaaldriehoek (AVT) het tydens die pasafgelope ASA Kampioenskap elf medaljes (ses goud, vier silwer en een brons) verwerf om vierde te eindig. Gauteng …

VANDERBIJLPARK. – Om met slegs 48 atlete vierde by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se o.16, o.18 en o.20 Baan en Veld Kampioenskap in Pietermaritzburg te eindig is ‘n onsagwekkende prestasie.

Die room Atletiek  Vaaldriehoek (AVT) het tydens die pasafgelope ASA Kampioenskap elf medaljes (ses goud, vier silwer en een brons) verwerf om vierde te eindig. Gauteng Noord het bo-aan die medaljetabel geeindig.

AVT het onder meer vir Noordwes Sentraal, Mpumalanga, Limpopo, Westelike Provinsie en Oostelike Provinsie in die medaljewedloop uitgestof.

AVT spog ook met ses ASA-kampioene: Ethan Olivier (driesprong: o.20), Anje Holtzhausen (hamergooi: o.18, Chardoné Smidt (100m: o.18), Rodger Vorster (hamergooi: o.18), Brandon Mathews (gewigstoot o.16) en Taylon van Breda (driesprong: o.16).  Die AVT-atlete wat silwermedaljes verower het, is: Joshua van Deventer (hoogspring: o.20), Jaylin van Dyk (hamergooi: o.18), Marli Dimond (800m: o.18) en Johanke de Villiers (400m: o.16). Dwight McCloen het ‘n bronsmedalje in die driesprong vir o.20’s verwerf.

Rodger en Chardoné is ook in die voorlopige span wat in April in Lusaka, Zambie aan ‘n CAA gekombineerde o.18 en o.20 Kampioenskap gaan deelneem.

Vir die volledige berig en foto’s koop vandeesweek se Vaalweekblad wat Woensdag op die rakke is.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Check Also
Close
Back to top button