Segodi koning van die Vaal Marathon

VEREENIGING. – Sedert Jeff Tribe op 7 April 1974 die eerste Coca Cola Vaal Mar-athon oor 35km in ‘n wentyd van 01:59.05 afgelê het, het ‘n paar klein dingetjies ver-ander, maar nie veel nie. Hoewel die Vaal Marathon nou deur Cape Gate geborg word en 7.2km langer is, is dit steeds een van die gunstelingmarathons …

VEREENIGING. – Sedert Jeff Tribe op 7 April 1974 die eerste Coca Cola Vaal Mar-athon oor 35km in ‘n wentyd van 01:59.05 afgelê het, het ‘n paar klein dingetjies ver-ander, maar nie veel nie.
Hoewel die Vaal Marathon nou deur Cape Gate geborg word en 7.2km langer is, is dit steeds een van die gunstelingmarathons om onder meer vir die ikoniese Comrades Marathon te kwalifiseer.

Sowat 3 566 deel-nemers was vanjaar by die marathon in die 42.2km (2 046), 30km (198), 21km (704), 10km (398) en 5km-wedlope (220) in aksie.

Maar dis genoeg van die geskiedenis les… vanjaar het die kollig aan Raphael Segodi (Rocky Road Runners: 02:29:52) en Patricia Gouws (Jeppe: 03:19:36) behoort wat Sondag, 5 Maart die hoofwedlope van die 48ste Vaal Marathon gewen het.

Segodi het van begin tot einde voor ge-hardloop en die besige Dick Fourie-stadion onder staande toejuiging binnegehardloop.

Thaho Nkoko van Lesotho was tweede in ‘n tyd van 02:26.52, gevolg deur Shellboy Mavuso (02:28.36: Sasol).
Gouws se wentyd was heelwat stadiger as verlede jaar se wentyd van 02:54.37 wat deur die voormalige Comrades Mara-thon-wenner, Ann Ashworth opgestel is.

Meyerton Atletiekklub die Vaaldriehoek se vaandel gedra met William Mokwalakwala (2:45:07, vyfde plek) en Godfrey Hlatswayo (2:45:35, sesde plek) wat onder die top tien in die 42.2km marathon vir mans geëindig het. Die Meyertonners, Robin Ballentine 2:16.23) en Danie Bosman (2:30.37) het ook onder die top 10 van die 30km-wed-loop geëindig.

Die 30km-wedloop vir mans en vroue is onderskeidelik deur Thabiso Mosekili (01:43.32) van ArcelorMittal en Bernadene McCloud (2:11.56) gewen. Colin Khoza (1:13.52) en Elizabeth Potter het die 21.1km-wedlope vir mans en vroue gewen.

Aksie tydens die 2023 Cape Gate Vaal Marathon. Foto’s: Ettienne van Rensburg

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version