Valia bly op wenkoers

VANDERBIJLPARK. – Die o.15-krieketspan van die HS Transvalia is goed op dreef. Die span het onlangs Edenglen se eerste span oortuigend geklop en dit Woensdag 22 Februarie opgevolg met ‘n goeie sege met 34 lopies oor Waterstone College van Johannesburg. Transvalia het eerste gekolf en 125/5 in 20 beurte aangeteken danksy goeie kolfwerk deur Kriegler …

VANDERBIJLPARK. – Die o.15-krieketspan van die HS Transvalia is goed op dreef. Die span het onlangs Edenglen se eerste span oortuigend geklop en dit Woensdag 22 Februarie opgevolg met ‘n goeie sege met 34 lopies oor Waterstone College van Johannesburg.

Transvalia het eerste gekolf en 125/5 in 20 beurte aangeteken danksy goeie kolfwerk deur Kriegler Botha 32 (37), Waldo Mc Lean 25 (21), Janco Jacobs 24 (24), Marco Jacobs 14 (13) en Jeanré Barnard 13 (9). Waterstone is daarna vir 91/10 in 19.5 beurte uitgeboul. Declan Steinmann (3/4), Lohan le Grange (2/8), Eduann Raubenheimer (2/18), Aden Matthee (1/5) en Divan Knoetze
(1/17) het almal goed geboul.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version